Oorslaaplekkerte na graad R-gradeplegtigheid
Kleuters van Erica Pre-primêre Skool het Vrydagaand na hul gradeplegtigheid by die skool saam met hulle onderwysers oorgeslaap. Volgens Monja Groenewald, skoolhoof is dié gebruik een van die skool se staande tradisies wat die kinders terdeë geniet. Die kleuters het elkeen hulself voorgestel en gesê wat hulle eendag wil word waarna ‘n gediggie voorgedra of …

Kleuters van Erica Pre-primêre Skool het Vrydagaand na hul gradeplegtigheid by die skool saam met hulle onderwysers oorgeslaap.
Volgens Monja Groenewald, skoolhoof is dié gebruik een van die skool se staande tradisies wat die kinders terdeë geniet.
Die kleuters het elkeen hulself voorgestel en gesê wat hulle eendag wil word waarna ‘n gediggie voorgedra of ‘n sang- of dansitem gelewer is. Daarna het die kleuters ‘n skoolgereedheidsertifikaat vir die laerskool ontvang.
Paul Erasmus en Michlan Groenewald, Mnr en Mej Oosskool van Laerskool Pietersburg-Oos, het die kleuters meer oor laerskoolopleiding vertel en hulle aangemoedig om aan aktiwiteite deel te neem en nie bang te wees om te waag nie.
Groenewald het die ouers gerus gestel oor die oorslaap en verduidelik dat dit ‘n selfstandigheidsaand is om kleuters te leer om hul eie beddens op te maak en te sosialiseer.
Storie en foto’s: Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet-elize@observer.co.za
Hooffoto: Damian Sibley tokkel sy kitaar en sing op die maat van ‘Ou Ryperd.’






