
POLOKWANE – Versigtig word die swart togas aangetrek ter voorbereiding vir elke kleuter om hul sertifikaat op die verhoog te ontvang.
Suikerbekkie Skoolhoof en onderwyser van die Uiltjieklas, Lize van Dyk, sê dit was ‘n betowerende aand waarin die kinders deur die poorte op pad “grootmenswêreld” toe is.
“Niks in die lewe is beslis nie. Volgende jaar, volgende maand en selfs volgende week is nie definitief nie.
“Ons kinderhartjies is bang, maar God is reeds daar en dit is al sekerheid wat ons hoef te hê,” het sy aan die ouers en kleuters gesê in haar toespraak.
Met ‘n druk en bemoedigende woord ontvang elke kleuter hul sertifikaat en sing vir oulaas die skoollied uit volle bors.

















































