NewsSchools

Uit die mond van die suigeling

Polokwane se jongklomp het hul sê gesê oor die feesgety. Antwoorde het gewissel van tyd met familie deurbring tot waarmee die Kerskous volgestop moet wees. Een ding is seker, dié Desember gaan beslis propvol aktiwiteite weg van die skoolbanke wees. Laerskool Pietersburg-Noord: Ferdie van Reenen, ‘n graad 5-leerder sien baie uit na Kersfees en hoop …

Polokwane se jongklomp het hul sê gesê oor die feesgety. Antwoorde het gewissel van tyd met familie deurbring tot waarmee die Kerskous volgestop moet wees. Een ding is seker, dié Desember gaan beslis propvol aktiwiteite weg van die skoolbanke wees.

Laerskool Pietersburg-Noord: Ferdie van Reenen, ‘n graad 5-leerder sien baie uit na Kersfees en hoop om baie geskenke te kry. “Kerstyd is die lekkerste tyd want die hele familie is hier en ons kry baie geskenke.” Hy vertel dat hy vir sy oupa gevra het hoekom Kersvader die geskenke by hom aflaai, nadat hy gesien het hoe sy oupa al die geskenke uit die motor laai. Sy oupa het verduidelik dat Kersvader bietjie ver­strooid was. “My lekkerste Kersfees was twee jaar gelede. Ons het fiets gery en baie lekkers, roomys en koeldrank gekry. Mamma slaan altyd die Kersboom vol liggies met al die geskenke onder die boom op en hoe vroeër ons gaan slaap op Oukersaand, hoe vroeër kan ons geskenke op Kersdag kry.”

Akademie Reformia: Graad 3-leerder, Carmen Henwood sê: “My oupa en ouma van Pretoria kom Kersfees kuier. Ons gaan saam braai, kuier en swem. Kersvader kom eers laat in die nag as ons slaap. Ek wil graag ‘n nuwe J-board hê want myne is stukkend. ‘n Tabletrekenaar of rolskaatse sal ook welkom wees.”

Elica Primary School: For Thato Mabelo, a Grade 1 learner Christmas is a time to eat lots of nice things such as cupcakes and pudding and receive presents.  She is going to visit her father in Makhado and play with him and make lots of new friends. “I hope Father Christmas will bring me new clothes, a bicycle, roller skates and a pretty box full of doctor’s things.”

Pietersburg Laerskool: Jami Kelly, graad 1-leerder is baie opgewonde oor die paar dae wat hulle in die Krugerwildtuin gaan spandeer en sy hoop om olifante en leeus te sien. Sy was vroeër vanjaar saam met haar ouma Kaap toe wat sy as haar lekkerste vakansie ooit beskryf. “Ons was op Tafelberg en het baie dassies gesien. Ek het in die see geswem en skulpies op die strand opgetel.” Vir haar gaan Kersfees oor die geboorte van Jesus en dit is ‘n tyd om geskenke uit te deel. “Ek weet nog nie wat ek vir Kersfees wil hê nie. Hopelik is dit ‘n groot verrassing.”

Laerskool Pietersburg-Oos: Marili Nel is ‘n graad 3-leerder en ‘n Kersbaba. Sy en haar gesin gaan vir die feesseisoen Mosselbaai toe.  “Mamma maak altyd die lekkerste roomystert vir nagereg en pappa braai.” Haar gunstelinggeskenk, ‘n koolstoffiets, het sy verlede jaar vir Kersfees gekry. “Ek wil graag vanjaar ‘n trampolien hê,” sê sy en loer na haar ma se kant toe. “Almal is saam oor Kerstyd; my oumas en oupas, tannies en ooms, niggies en nefies. Ons vier ook my verjaarsdag saam. My sussie het een aand voetstappe gehoor en kon duidelik Kersvader se spore sien,” verduidelik sy opgewonde.

Pietersburg Comprehensive School: Orifhodzaho Matha­vhane(7) , Grade 1 learner:“ I am looking forward to visit my grandmother in Tzaneen and play with my cousins.”

Pietersburg Comprehensive School: Khuliso Mutsharini, Grade 1: “I am going to spend the Festive Season with my family. I will be playing games with my mother and father.”

Akademie Reformia: Die­derik Brits, graad 6-leerder woon op ‘n plaas en gaan die vakansie saam met sy ouers, broer en suster, beide oupas en oumas en selfs ‘n grootouma deurbring. “Ons hou sommer by die huis vakansie want ons is baie wat saamkuier en in die plaasdam swem. Ek jag graag en gaan al my vrye tyd in die veld deurbring,” sê Diederik.“Oukersaand gaan Oupa uit die Bybel lees en bid. Daarna maak ons geskenke oop. Ons kry baie geskenke deur die jaar, maar ek sal bly wees om ‘n nuwe paar pyle en punte te kry.”

Pietersburg Laerskool: Ewalt van die Walt weet nie wat hy vanjaar in sy Kerskous wil hê nie, maar dit lyk of hy nie baie bekommerd is of Kersvader by hom ‘n draai gaan maak of nie. “Ons gaan die vakansie op die plaas waar my pa rose kweek, werk. Daar is baie werk en ek moet my pa help,” sê die graad 1-leerder wat nie seker is of hy dalk vir ‘n paar dae iewers gaan vakansie hou nie. Dié jong natuurliefhebber sê sy lekkerste vakansie was in die Kruger Nasionale Park waar hulle olifante, leeus, renosters en seekoeie gesien het. “Jesus is gebore en dit is hoekom ons Kersfees vier. Ek is nie seker of daar ‘n Kersvader bestaan nie.”

Elica Primary School:  “On Christmas day we celebrate God’s birthday,” says Kgopotso Matata, a Grade 1 learner. She is going to wear Christmas clothes and visit her granny in Pretoria. She believes in Father Christmas and hopes he will bring her a doll to play with, with clothes and a bed to sleep in. They will put up a Christmas tree and put gifts next to the tree.

Elica Primary School: Koketso Malungana, a Grade 1 learner is also going to visit her family in Pretoria and hopes to get a doll with a doll’s house from Father Christmas. The house must have a kitchen and a bedroom and a lounge. She also wants a car for her doll. Koketso will play with her cousin a lot and will eat a lot of snacks. She will also play with her brother, who is seven months old.

Story and photos: Editorial Team.

Featured photo: Ferdie van Reenen

Khuliso Mutsharini
Khuliso Mutsharini
Orifhodzaho Matha­vhane
Orifhodzaho Matha­vhane
Jami Kelly
Jami Kelly
Carmen Henwood
Carmen Henwood
Thato Mabelo
Thato Mabelo
Koketso Malungana
Koketso Malungana
Kgopotso Matata
Kgopotso Matata
Ewalt van die Walt
Ewalt van die Walt
Die­derik Brits
Die­derik Brits

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button