Bosveld NewsLocal NewsNewsBreaking News

HPP kry nuwe hoof

Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se nuwe hoof is pas aangewys.

MOKOPANE  –  Jimmy Steele, ‘n onderwyser van Polokwane wat tot onlangs waargeneem het as  hoof van Westenburg Secondary School, is die nuwe man aan stuur van HPP. Hy volg Jas Hansen op wat einde verlede jaar die leisels neergelê het.

Steele het eksklusief aan Bosveld vertel dit is ‘n droom wat waar geword het na 30 jaar in die onderwys. Hy het in Afrika tale, Afrikaans en Lewensoriëntering klasgegee. “Ek is verskriklik opgewonde. Dit is my beurt en ek sien uit na hierdie nuwe uitdaging Ek streef om ‘n skool daar te stel wat gebalanseerd is en nie voorkeur het aan sekere aktiwiteite nie. Sport en kultuur is ewe belangrik, maar akademie kom eerste. Dit is die hoof prioriteit.”

Hoewel hy na Mokopane verhuis, sal sy vrou eers agterbly waar sy ook in die onderwys betrokke is. Sy twee kinders het reeds die nes verlaat.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button