Herfsland-tuin blom danksy NKP se rose
Om die spog tuin van Herfsland te onderhou kos geld en daarom het die NKP besluit om te help met die betaal van die waterrekening.
Nieman (NKP Provinsiale Vroueliga Leier).
MOKOPANE – Die party het Vrydagoggend ‘n skenking aan Heilette Kapp, ‘n inwoner van Herfsland wat die pragtige ingangstuin by Herfsland uitgelê het en ook onderhou, oorhandig. Heilette het met trane in die oë en ‘n dankbare hart die skenking om vir die volgende twaalf maande kommerloos die tuin nat te maak, ontvang.
Valerie Beyliefeldt, Provinsiale Leier van die NKP, sê die senior inwoners van Hersfland het ‘n spesiale plek in haar hart.
Sy het ook daarop gewys dat die NKP besig is met die beplanning van ‘n heerlike Boerefees vroeg volgende jaar waar van die fondse gaan gebruik om ‘n heining rondom Herfsland op te rig en sodoene die veiligheid op te skerp.



