Bosveld NewsNews

VLU Naboomtak vier 70 jaar

Getooi met prag hoede en handsakke uit toentertyd het die vroue van die Vrouelandbou-unie op Mookgophong onlangs opgedaag om dié tak se 70ste verjaardag in styl te vier saam met presidente, oud presidente en ander lede.

MOKOPANE – Die spog ‘high tea’ is in die SPIF Chickenraadsaal gehou waar daar in fyn porselein eet- en drinkgoed voorgesit is. Die taklede het hulle kompetisie-atikels wat hulle oor die jare heen gemaak het, ook kom uitstal.

Retha Prinsloo, gewese VLU Noord President, het vir die vroue vertel hoe die Naboomtak in 1946 in die Naboom Hotel op die been gebring is met 11 lede. Die ouderdom van die vroue het gewissel tussen 25 en 75 jaar oud. Die VLU was deur die jare by talle projekte betrokke en op kongresse was sake soos aanranding op kinders, sensuur, padveiligheid en naskoolsentrums onder die vergrootglas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button