Local NewsNews

Swaar reën, verskeie verdrinkings in Lim

Die polisie se soek- en reddingseenheid en Emergency Medical Services (EMS) se red­dingspanne het sedert verlede Donderdag verskeie lyke uit waterpoele ge­haal nadat swaar reën regoor die provinsie geval het. Die provinsiale polisie se hoof van korporatiewe kommunikasie, Motlafela Mojapelo het mense gemaan om versigtig te wees wanneer hulle riviere en strome oorsteek. Reddingseenhede het …

Die polisie se soek- en reddingseenheid en Emergency Medical Services (EMS) se red­dingspanne het sedert verlede Donderdag verskeie lyke uit waterpoele ge­haal nadat swaar reën regoor die provinsie geval het.
Die provinsiale polisie se hoof van korporatiewe kommunikasie, Motlafela Mojapelo het mense gemaan om versigtig te wees wanneer hulle riviere en strome oorsteek.
Reddingseenhede het verlede Donderdag twee vrouens en drie meisies gered nadat hulle in die Limpopo­rivier gestrand geraak het. Vrydag is die lyke van twee mans in dieselfde rivier uitgehaal nadat hulle glo vroeër deur die water meegesleur is.
In Dennilton is ‘n man Saterdag in ‘n rivier vasgekeer. “Die reddingseenheid het die man gered wat etlike ure aan ‘n boom vasge­klou het. Die eenheid het ook die lyke van drie seuns uit waterpoele in Giyani en Mankweng verwyder.”
Die liggaam van Tebogo Nganyoma is op 16 Desember uit die Ritavirivier gehaal nadat hy en ‘n vriend, Desmond Fontini deur gewapen­de rowers gedwing is om die rivier oor te steek. “Fontini kon deur die rivier swem, maar Nganyoma is meegesleur,” sê Mojapelo.
Op 18 Desember is drie liggame uit die Le­vuburivier gehaal. Die bestuurder van ‘n bakkie het vermoedelik beheer oor sy voertuig verloor en in die rivier beland. Die insittendes het verdrink voordat hul voertuig opgemerk is.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Die liggaam van Tebogo Nganyoma word uit die Ritavirivier verwyder.

Drie mense verdrink nadat die bakkie in die Levuburivier beland het.
Drie mense verdrink nadat die bakkie in die Levuburivier beland het.
‘n Man was vir etlike uur in ‘n rivier in Dennilton vasgekeer voordat hy gered is.
‘n Man was vir etlike uur in ‘n rivier in Dennilton vasgekeer voordat hy gered is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button