BusinessNews

Mall of the North verwarm harte by Martha Hofmeyr

Die voorste winkelsentrum in die stad, Mall of the North sowel as sentrumhuurders het die inwoners van Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes met ‘n Kerspartytjie en geskenke bederf. Die senior burgers het weggelê aan ‘n smaaklike ete wat Panarottis Mall of the North voorberei het waarna koek, deur Mall of the North geskenk, bedien is. …

Die voorste winkelsentrum in die stad, Mall of the North sowel as sentrumhuurders het die inwoners van Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes met ‘n Kerspartytjie en geskenke bederf.
Die senior burgers het weggelê aan ‘n smaaklike ete wat Panarottis Mall of the North voorberei het waarna koek, deur Mall of the North geskenk, bedien is.
Mari Delport, Mall of the North-bemarkingsbestuurder en Tabitha Lekganyane, promosie- en openbare betrekkingebestuurder, het fluks vrugtesap geskink wat deur Game Mall of the North en Hygienik Dairies geborg is.
Boonop het die winkelsentrum aan elke gas ‘n geskenksak met toiletware oorhandig.
Erica Pre-primêre Skool het die partytjie afgerond met ‘n pakkie koekies wat ook aan elke inwoner geskenk is. Plaaslike sanger en leerder van Hoërskool Pietersburg, Mischa Bekker, het die senior burgers vemaak.
Dawie Lee, bestuurder van die SAVF Polokwane het elke borg opreg bedank en gesê die geleentheid beteken ongelooflik baie vir die inwoners.

Storie en foto’s: Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet-elize@observer.co.za

Hooffoto: Rina Pretorius, inwoner van Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes word deur Mari Delport, bemarkingsbestuurder van Mall of the North bedien.

b02b

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button