Michalle Keyser, wie verlede jaar in Laerskool Pietersburg-Noord was, sê hoërskool is groot pret.
"Ons geniet elke oomblik. Ek glo dat die eerste dae net 'n voorsmakie is van wat kom en dat die res van ons skool loopbane baie meer pret gaan wees. Dis 'n eer om by 'n skool soos PHS te kan wees en te weet hier bou jy aan 'n toekoms wat reeds blink omdat die skool soveel dinge moontlik maak," vertel sy.
POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg se Gr 8 leerders het die ware betekenis van spanwerk en vertroue geleer tydens die onlangse “Amazing Race” wat by die skool plaasgevind het.
Jacques Swanepoel was verlede jaar in Laerskool Pietersburg en vertel dat die speletjies wat hulle op die eerste dag van hoërskool gespeel het baie pret was. “Ek dink die idee is om ons te leer waar alles is en hoe om by verskillende plekke op die terrein uit te kom. Dit laat ons welkom en deel voel van die skool met die intrap slag,” vertel hy.
Xander Quin was verlede jaar in Laerskool Pietersburg-Oos en vertel dat dit baie vreemd is om saam met leerders wat verlede jaar in ander skole was, ‘n klas te deel. “PHS laat ons almal tuis voel. Ons leer om van dag een af as ‘n span saam te kan werk en nie teen mekaar soos in die verlede nie. As die skool jaar so begin kan ek net dink dat dit wat gaan volg net beter en beter sal word,” vertel hy.
Michalle Keyser, wie verlede jaar in Laerskool Pietersburg-Noord was, sê hoërskool is groot pret.
“Ons geniet elke oomblik. Ek glo dat die eerste dae net ‘n voorsmakie is van wat kom en dat die res van ons skool loopbane baie meer pret gaan wees. Dis ‘n eer om by ‘n skool soos PHS te kan wees en te weet hier bou jy aan ‘n toekoms wat reeds blink omdat die skool soveel dinge moontlik maak,” vertel sy.
Joe Lubbe was verlede jaar in Laerskool Pietersburg-Oos en vertel dat hy gedurende die eerste dag se verigting baie geleer het, nie net oor die skool nie maar ook oor homself.
“Dit is baie lekker om die nuwe ervaring te kry van hoe die skool werk. Dis baie anders as enige iets wat enige laerskool ons kon gee. Ek weet net nie of die res van die tyd in die skool ook so lekker kan wees nie,” vertel hy.
Sien ‘n paar foto’s en video van die “Amazing Race” onder: