NewsSchool sportSchoolsSport

Merke, gereed, hol

Passie bruis in Gerda du Toit se are wanneer sy die plaaslike atlete in die middag op die atletiekbaan- en veld afrig.

PASSIE bruis in Gerda du Toit se are wanneer sy die plaaslike atlete in die middag op die atletiekbaan- en veld afrig.

Gerda is ‘n groot sportliefhebber en haar liefde vir atletiek kom al van haar jong dae af toe sy provinsiale kleure in dié sportsoort verwerf het. Haar gunsteling item was die 100 m.

Gerda du Toit is trots op die laerskoolatlete wat getrou oefen.
Gerda du Toit is trots op die laerskoolatlete wat getrou oefen.

Sy vertel ook dat sy ‘n groot liefde vir kinders het en dat sy graag help, ook diegene wat nooit ‘n kans kry nie, want hulle kan deel van ‘n aflosspan word met genoeg aanmoediging en oefen. Sy het eers slegs haar dogter op die baan bygestaan en in 1988 professioneel begin afrig.

Gerda gee graag erkenning aan haar dogter, Mari wat haar help om die oefenprogramme vir haar Running Rebels atletiekspan uit te werk. “Sonder my dogter sal ek die taak moeiliker aanpak. Sy help my baie met raad”, vertel sy.

“Ek is bekend as ‘n kwaai afrigter. Ek glo absoluut in dissipline, want as jy dit nie op die atletiekveld kan wys nie, sal jy nooit dissipline in die buitewêreld kan uitstraal nie.”

Gerda het tans sowat 52 atlete van Laerskool Krugerpark en Hoërskool Piet Potgieter wat sy afrig. Dit maak haar so trots dat een van haar atlete, Jana Nel (12), ‘n verspring rekord gebreek het wat haar eie dogter, Mari 28 jaar gelede opgestel het. Mari se afstand was 4,38 m en Jana het met ‘n afstand van 4,51 m met haar hakke in die sand geploeg.

Jana Nel, Laerskool Krugerpark se top verspringatleet, het tydens die skool se bokkesport 'n verspringrekord wat reeds vir 28 jaar staan gebreek.  Sy vertel dat die lekkerste deel van atletiek is om te wen en fiks te bly.
Jana Nel, Laerskool Krugerpark se top verspringatleet, het tydens die skool se bokkesport ‘n verspringrekord wat reeds vir 28 jaar staan gebreek. Sy vertel dat die lekkerste deel van atletiek is om te wen en fiks te bly.

 

Een van haar naelloop atlete, Jayden Enslin is aangewys as die beste naelloopatleet by Laerskool Krugerpark en by Hoërskool Piet Potgieter hou Mogaka Masenene dieselfde titel.

Jayden Enslin is een van Laerskool Krugerpark se beste naelloopatleet. Hy vertel hy geniet dit om vinnig te hardloop en tannie Gerda sorg vir genoeg oefening.
Jayden Enslin is een van Laerskool Krugerpark se beste naelloopatleet. Hy vertel hy geniet dit om vinnig te hardloop en tannie Gerda sorg vir genoeg oefening.

Du Toit wens haar hoërskoolatlete sterkte toe met die komende interhoër wat in Thabazimbi plaasvind en sien daarna uit dat ‘n paar van hulle moontlik later aan die SA’s sal deelneem. “Om te wen is nie alles nie, maar om te wil wen is alles”, is haar lese en sy wil graag hê haar atlete moet dit onthou wanneer hulle die wenpaal nader.

Die hoërskoolatlete oefen hard saam met Gerda du Toit om goeie prestasies te behaal.
Die hoërskoolatlete oefen hard saam met Gerda du Toit om goeie prestasies te behaal.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button