Bosveld NewsLocal NewsNews
‘n Liefdevolle lewenspad wink vir dié jong paartjie
Die koeël is deur die kerk vir 'n bekende rugbyafrigter van Limpopo.
Potties Rugbyklub se afrigter, SJ Jonker (39) en Laura Oosthuizen (26) het verlede Saterdag in die AP Kerk Mokopane getrou waarna hulle by die Legend Gholf- en Safarioord verder gaan makietie hou het.
Laura sê: “SJ het my op 7 Februarie 2016 in Hartenbos gevra om te trou. Dit was so ‘n romantiese oomblik. Hy het my die ‘jawoord’ gevra terwyl ons in ‘n lugballon was. Daarna was ons uit vir ‘n lekker ete”.

Die paartjie ken mekaar al vir vier jaar voordat hulle besluit het om nou die knoop deur te haak. Vir Laura is dit belangrik dat hulle vir mekaar sal lief bly ongeag hulle verskille.
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



