BB Motorgroep trotse borg van Pieties se eerste rugbyspan
Hoërskool Pietersburg (PHS) se eerste rugbyspan word vanjaar met trots deur die BB Motorgroep geborg. Die span het verlede Donderdagaand sportsakke en rugbytruie tydens ‘n samekoms met hul afrigters en bestuurspersoneel van BB Motorgroep op die skool se rugbyveld ontvang. Elke speler is persoonlik deur BB Motorgroep se handelaarshoof, Karel Ferreira genooi om hul items …

Hoërskool Pietersburg (PHS) se eerste rugbyspan word vanjaar met trots deur die BB Motorgroep geborg.
Die span het verlede Donderdagaand sportsakke en rugbytruie tydens ‘n samekoms met hul afrigters en bestuurspersoneel van BB Motorgroep op die skool se rugbyveld ontvang. Elke speler is persoonlik deur BB Motorgroep se handelaarshoof, Karel Ferreira genooi om hul items te ontvang. Skoolhoof, Willie Schoeman het sy dank teenoor Ferreira en die motorhandelaar uitgespreek en gesê vanjaar se eerstespan sal nie teleurstel nie. “Die span het baie potensiaal en is lus vir die seisoen wat voorlê,” het Schoeman gesê.
Die span is Saterdag tydens die eerste ronde van die Tuks Skole-reeks in aksie teen Hoërskool Eldoraigne op Pieties se tuisveld.
Hulle sal ook tydens die Paasvakansie aan die Tony Stoops Rugbyfees in Brackenfell in die Kaap deelneem waar hulle as verdedigende kampioene teen skole regoor die land sal kompeteer.
Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



