Bosveld NewsLocal NewsNews

Saamstaan teen moorde

DIE polisie en landbou-organisasies soos AfriForum is aan die woeker om multi-dissiplinêre spanne saam te stel wat saam plaasverwante aanvalle gaan ondersoek.

Verlede maand staan nie verniet bekend as die ‘swartse maand ooit’ wat plaasaanvalle betref nie, want die meeste aanvalle in die land se geskiedenis is aangeteken.

Die TLU SA sê in ‘n verklaring 17 moorde is verlede maand gepleeg en daar was 45 aanvalle.

Vanjaar is daar al 21 moorde gepleeg en 71 aanvalle het landswyd plaasgevind.

Waarnemende Nasionale Polisiehoof Kommissaris lt. genl. Khomotso Phahlane, meen dat daar ook groter druk op verteenwoordiging deur Gemeenskapspolisiërings in die boerderygemeenskappe moet wees.

Volgens Phahlane het die polisie die mees gevaarlikste gedeeltes in Suid Afrika geïdentifiseer wat Limpopo, Gauteng, Noord Wes en KwaZulu-Natal insluit en Phahlane sê die meeste aanvalle vind plaas op bejaardes vanaf Donderdae tot Saterdae.

Die aanvalle was meestal op kleinhoewe, maar die prentjie het verander en dit strek nou na groter en meer geissoleerde eiendomme.
TLU SA se raad aan boere en plaaseienaars is om vuurwapens wat nutteloos in die kluis lê eerder in te dien by die polisie.

Dit is ook raadsaam om by plaas- en buurtwagte in te skakel.

Boere vanuit die gemeenskap en omgewing meen die volgende:
• “Boere moet meer paraat wees.
Dis vir my hartseer dat selfs die regstelsel nie in lyn is nie en dit moet spoedig regkom.
Die boere wat alledaagse inwoners van die land is, lei skade en dit maak nie saak wat kriminele doen nie, hulle kom weg met moord”, sê Ockert Scherman, Voorsitter van die Potgietersrus Distrik Landbou-unie.

• “Boere wat met geld op hul plase werk is een van die grootste teikens vir aanvalle, asook ouer mense wat nie betrokke is by landbou nie.
Rusies en vergelding vir onopgeloste konflik lei ook tot moorde en aanvalle.
Plaasinwoners moet ten minste alarmstelsels of honde binne die huis hê as ‘n vroeë waarskuwing sodat jy nie wakker word met ‘n pistool teen jou kop nie,” sê Steven Vermaak, Streekvoorsitter van die TLU SA Noordstreek.

• “Politieke uitsprake is die grootste oorsaak van plaasmoorde en dit kom voor asof die regering nie regtig die bul aan die horings wil gryp nie.
Die stappe wat teen die misdadigers gehou word, is nie streng genoeg nie en so stap hulle maklik vry weg.
Die opvolgwerk en toerusting is nie so goed soos in die buiteland nie.

Ons het ook geen 24/7 nood telefoonnommer wat ‘n mens effektief in ‘n noodgeval kan gebruik nie,” sê Floris Booysen, plaaslike boer in die Mookgophong-omgewing.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button