BusinessNews

BB Motorgroep trotse borg van Osie-eerstes

Die eerste netbalspan van Laerskool Pietersburg-Oos spog met nuwe uitrustings wat sweetpakke, rompies en sakke insluit wat verlede Donderdag deur BB Motorgroep geborg is. Handelaarshoof, Karel Ferreira het die borgskap aan die agt spanspelers en hul hoofafrigter, Ingrid Pelzer tydens ‘n seremonie op die skool se netbalbane oorhandig. Skoolhoof, Gideon Pelzer het Ferreira bedank en …

Die eerste netbalspan van Laerskool Pietersburg-Oos spog met nuwe uitrustings wat sweetpakke, rompies en sakke insluit wat verlede Donderdag deur BB Motorgroep geborg is. Handelaarshoof, Karel Ferreira het die borgskap aan die agt spanspelers
en hul hoofafrigter, Ingrid Pelzer tydens ‘n seremonie op die skool se netbalbane oorhandig.
Skoolhoof, Gideon Pelzer het Ferreira bedank en die meisies aangemoedig om die seisoen voluit te speel.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Skoolhoof, Gideon Pelzer en BB Motorgroep-handelaarshoof, Karel Ferreira saam met die eerste netbalspankaptein, Carla Craig.
Oosskool se eerste netbalspanafrigters, Hesti Ludick (hulpafrigter) en Ingrid Pelzer het hul dank teenoor BB Motorgroep uitgespreek.
BB Motorgroep-handelaarshoof, Karel Ferreira oorhandig ‘n sak aan Oosskool se eerste netbalspanafrigter, Ingrid Pelzer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button