BusinessNews
Limpopo Toyota skenk Hilux aan Oosskool
Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het onlangs breed oor die nuwe voertuig wat deur Limpopo Toyota aan die skool oorhandig is, geglimlag. Dié Toyota Hilux 2.8 GDS ter waarde van R580 000 is deel van Limpopo Toyota se borgooreenkoms met die skool en moet met die beëindiging van die borgskap terugbesorg word. Skoolhoof, Gideon Pelzer het onmiddellik …

Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het onlangs breed oor die nuwe voertuig wat deur Limpopo Toyota aan die skool oorhandig is, geglimlag.
Dié Toyota Hilux 2.8 GDS ter waarde van R580 000 is deel van Limpopo Toyota se borgooreenkoms met die skool en moet met die beëindiging van die borgskap terugbesorg word.
Skoolhoof, Gideon Pelzer het onmiddellik agter die stuur ingeklim om die kajuit van nader te beskou.
Limpopo Toyota se verkoopsbestuurder, Benny Cahn, het gesê dat Ooskool die voertuig na goeddunke kan gebruik.
Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



