Bosveld NewsLocal NewsNews

Bakkieboef vas

'N Dubbelkajuitbakkie wat verlede Woensdag by 'n bekende motorhandelaar op die dorp gesteel is, was in 'n motorongeluk betrokke.

MOKOPANE – ‘N Dubbelkajuitbakkie wat verlede Woensdag by ‘n bekende motorhandelaar op die dorp gesteel is, was in ‘n motorongeluk betrokke en die booswig agter die stuur uiteindelik vasgetrek.

Die sekuriteitsmaatskappy, Suricat Armed Response, het verlede Woensdagaand net na 18:00 ‘n paniekalarm vanaf Unitrans Ford (voorheen InspectaCar) in Thabo Mbekistraat ontvang.

Lees Meer:
Voertuigdiewe slaan toe by motorhandelaar

Suricat het gaan ondersoek instel en die sekuriteitswag het verduidelik dat ‘n dubbelkajuitbakkie gesteel is. Die booswigte het die versperrings voor die handelaar se perseel verwyder en met ‘n oranjekleurige Ford Ranger Wildtrak weggejaag.

Volgens die sekuriteitswag het hy die perseel en kantore ondersoek om seker te maak dat alles gesluit en veilig is toe hy ‘n lawaai vanaf die straat se kant hoor. Hy het ondersoek gaan instel en gesien hoe die booswigte met die voertuig wegjaag.

Petrus Oosthuizen, Bestuurder van Unitrans Ford in Mokopane, het die voorval bevestig. Oosthuizen sê die nuus van die voertuigdiefstal het soos ‘n veldbrand versprei en 20 minute later het hulle terugvoer van boere in die Roedtan omgewing gekry dat die voertuig daar gewaar is.

Die sekuriteitsmaatskappy se voertuig waarteen die bestuurder in die gesteelde bakkie gebots het. Foto’s: Verskaf

Die boeregemeenskap het saamgestaan en ‘n padblokkade voor Marble Hall gehou, maar die verdagte het ongelukkig deur die blokkade gejaag. Frans van den Berg, Bestuurder van die sekuriteitsmaatskappy Loskop Alarms, sê een van hulle voertuie het net voor Marble Hall langs die pad gestaan.

“Reaksieoffisier, Stefan Smit, het die gesteelde bakkie gesien aangejaag kom en dit het binne oomblikke trompop teen Smit se stilstaande bakkie gebots.Die bestuurder is in hegtenis geneem. Smit sterk tans in die hospitaal aan na ‘n operasie aan sy regterbeen.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button