BusinessNews

BB Ford Polokwane borg Osie-eerstes weer

Die eerste rugbyspan van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het Vrydag rede gehad om breed te glimlag toe hul nuwe rugby-uitrustings tydens die saalopening deur verteenwoordigers van BB Ford Polokwane aan hul oorhandig is. Vanjaar is die tweede jaar wat hierdie motorhandelaar die Osie-eerstes borg. BB Ford Polokwane se verkoopsbestuurder, Jacques Swart, was vol lof vir die …

Die eerste rugbyspan van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het Vrydag rede gehad om breed te glimlag toe hul nuwe rugby-uitrustings tydens die saalopening deur verteenwoordigers van BB Ford Polokwane aan hul oorhandig is.
Vanjaar is die tweede jaar wat hierdie motorhandelaar die Osie-eerstes borg. BB Ford Polokwane se verkoopsbestuurder, Jacques Swart, was vol lof vir die skool se rugbypeil en het gesê dat die BB Motorgroep besig is om na maniere te kyk waarop die skool se ander rugbyspanne ook geborg kan word.
Swart het twee oefentruie, ‘n wedstrydtrui, rugsak, baadjie en rugbybroek aan elke eer­stespanspeler oorhandig.
Die span het Maandag na Rustenburg vertrek om aan die jaarlikse Konka-rugbytoer deel te neem.

Storie en foto: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button