NewsSchools

Osies verander die wêreld

Review het met 'n paar gr.3 leerders by Ooskool gesels oor hoe hulle die wêreld sal verander.

POLOKWANE – Die wêreld verander op daaglikse basis teen ‘n geweldige tempo en so verander die mens ook saam met die wereld. As jong kinders droom ‘n mens dikwels aan hoe jy graag die wêreld sal verander.

Review het met ‘n paar gr.3 leerders by Laerskool Pietersburg-Oos gaan gesels om te hoor hoe hulle die wêreld sal verander.

Alyssa Botha wil graag die wêreld verander deur mense te help en hulle van Jesus te vertel. “Ek wil mense ook leer om goeie vriende te wees.”
Lumé van Vuuren vertel dat as sy baie geld gehad het, sou sy dit vir die armes gegee het en sy sou hulle ook wou help met blyplek.
Zené Petitt vertel dat die wêreld beter sal wees as daar nie doodgemaak en gesteel word nie en as meer mense aan God glo.
Jean-Mari Swarts sê die wêreld sal beter wees as die polisie die regte mense in die tronk gooi en as al die kinders gelukkig by hul skole sal wees
Carla Nieman sê dat die wêreld beter sal wees as daar minder rommel orals lê. “Ek sal ook al die siek mense wil gesond maak en vir almal van Jesus vertel.”
Stehan Bornman glo dat die wêreld beter sal wees as meer mense van Jesus weet en as almal gesond is.
Ben van Reede van Oudtshoorn vertel dat hy beplan om ‘n uitvinder te word na skool en wil horlosies ontwikkel waarmee die polisie kan werk sodat hulle nie nodig het om van gewere gebruik te maak nie.
– Anneke van der Merwe glo dat die wêreld ‘n beter plak is as mense gesond is. “Ek sal hulle ook wil leer om goed te doen om geld te kry sodat hulle nie heeltyd hoef te kla nie.”
Johan Venter wil die wêreld ‘n beter plek maak deur mense se motors vir hulle reg te maak.
Jowan Robberts wil ook dinge vir mense regmaak en so die wêreld beter maak.
Melca de Beer wil die wêreld ‘n beter plek maak deur vir mense kos, klere en behuising te gee.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button