BusinessNews

Kremetart-rugbyspan pronk in nuwe baadjies

Die o.13-rugbyspan van Jakaranda Jeugklub het verlede Donderdag 22 rugbybaadjies van Pansolutions ontvang. Die baadjies is tydens Aka­demie Reformia se sportdag aan die spanlede oorhandig net voor hulle teen die span van Euphorbia­skool van Mookgophong op die veld gedraf het. Jakaranda Jeugklub-bestuurslid, Sandra Slabbert, het gesê dat die skenking baie welkom is. “Ons is nie …

Die o.13-rugbyspan van Jakaranda Jeugklub het verlede Donderdag 22 rugbybaadjies van Pansolutions ontvang.
Die baadjies is tydens Aka­demie Reformia se sportdag aan die spanlede oorhandig net voor hulle teen die span van Euphorbia­skool van Mookgophong op die veld gedraf het.
Jakaranda Jeugklub-bestuurslid, Sandra Slabbert, het gesê dat die skenking baie welkom is.
“Ons is nie deel van ‘n skool nie, maar ‘n onafhanklike klub wat gestig is om jong rugbyspelers te akkommodeer wat buite skoolverband wil rugby speel. Ons verwelkom graag nuwe entoesiastiese spelers wat by ons wil aansluit,” sê Slabbert.
Slabbert se man, Jan, is een van die klubafrigters wat ook as skeidsregter gekwalifiseer is.
Vir meer inligting kan die klub by 083 483 7069 geskakel word.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button