Gemengde welslae op PHS-hokkieveld
Hoërskool Pietersburg (PHS) het die seunshokkiespanne van Groblersdal Academy onderskat tydens ‘n onlangse kragmeting op Pieties se astrobaan. Tydens die eerstespanwedstryd het Groblersdal enkele minute na die begin ‘n doel aangeteken en Pieties het besef hulle sal moet uithaal en wys. Hulle aggressiewe verdediging het gesorg dat Groblersdal nie weer by die doelkas kon uitkom …

Hoërskool Pietersburg (PHS) het die seunshokkiespanne van Groblersdal Academy onderskat tydens ‘n onlangse kragmeting op Pieties se astrobaan.
Tydens die eerstespanwedstryd het Groblersdal enkele minute na die begin ‘n doel aangeteken en Pieties het besef hulle sal moet uithaal en wys.
Hulle aggressiewe verdediging het gesorg dat Groblersdal nie weer by die doelkas kon uitkom nie. Die wedstryd is uiteindelik op een elk beslis.
Die tweedespan het met 1-5 pak gekry terwyl die o.14-span ook een elk gelykop gespeel het.
Die o.16-span was gedurig op die aanval en het met ‘n 6-0 sege hul skool se naam hoog gehou.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com






