NewsSchools
Pieties laat Triegies in die stof byt
Hoërskool Louis Trichardt se rugbyspelers het hul Moses teëgekom tydens Saterdag se ligawedstryde teen Hoërskool Pietersburg (PHS). Pieties het die Triegies min kans agter die doellyn gegun en al die spanne het met wegholseges geseëvier. Die o.14A-span het Louis Trichardt met 58-3 laai bloei, terwyl die o.15A-span met 40-14 van die veld gestap het. PHS …
Hoërskool Louis Trichardt se rugbyspelers het hul Moses teëgekom tydens Saterdag se ligawedstryde teen Hoërskool Pietersburg (PHS).
Pieties het die Triegies min kans agter die doellyn gegun en al die spanne het met wegholseges geseëvier.
Die o.14A-span het Louis Trichardt met 58-3 laai bloei, terwyl die o.15A-span met 40-14 van die veld gestap het. PHS se o.16A-span het met 69-5 as oorwinnaars weggestap.
Pieties se tweedespan het ook ‘n maklike oorwinning van 67-0 behaal, terwyl die eerstespan met 67-5 gewen het.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com




At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



