NewsSchools

Miernes van bedrywighede vir Kruinie- akkommodasie

Grondverskuiwingsmasjiene is al doenig met grondwerk by Curro Heuwelkruin vir die multimiljoen rand leerderakkommodasie-projek. Die spoghuisvesting sal as koshuis vir buiteleerders dien en na verwagting binne die volgende drie tot vier maande voltooi wees volgens Kruinies se operasionele hoof, Eben Lingenfelder. Die behoefte aan akkommodasie het ontstaan nadat talle ouers buite Polokwane se stadsgrense navrae …

Grondverskuiwingsmasjiene is al doenig met grondwerk by Curro Heuwelkruin vir die multimiljoen rand leerderakkommodasie-projek.
Die spoghuisvesting sal as koshuis vir buiteleerders dien en na verwagting binne die volgende drie tot vier maande voltooi wees volgens Kruinies se operasionele hoof, Eben Lingenfelder.
Die behoefte aan akkommodasie het ontstaan nadat talle ouers buite Polokwane se stadsgrense navrae gedoen het.
Aanvanklik sal twintig eenhede met twee enkelkamers en ’n en suite-badkamer elk gebou word. Etes sal vanuit ’n moderne kombuis in ’n eetkamer bedien word wat op ’n ontspanningsvertrek uitloop. Inwoners sal boonop toegang tot ’n volledig toegeruste gimnasium hê en sal naweke kan inbly.
Lingenfelder sê toelating sal streng volgens bepaalde kriteria geskied omdat daar nie ‘n studiesaal met toesig is nie en leerders selfstandig moet werk. Leerders sal jaarliks gekeur word volgens akademiese prestasie, betrokkenheid en deelname aan die skool se buitemuurse programme.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button