NewsSchools
Tommies eersterugbyspan kookwater teen Vossies
Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se eersterugbyspan het tydens onlangse vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Ben Vorster korte mette van hul opponente gemaak. Heinrich Heins, Kamogelo Matloa, CJ Nel, Regardt Williams en Patric Maraba het elk ‘n slag agter die pale gaan kuier terwyl Reghardt met drie doelskoppe geslaag het en die eindtelling tot op 31 …

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se eersterugbyspan het tydens onlangse vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Ben Vorster korte mette van hul opponente gemaak.
Heinrich Heins, Kamogelo Matloa, CJ Nel, Regardt Williams en Patric Maraba het elk ‘n slag agter die pale gaan kuier terwyl Reghardt met drie doelskoppe geslaag het en die eindtelling tot op 31 teenoor Vossies se sewe gebring het. Die res van Tommies se spanne was nie so gelukkig nie met die o.14A-span wat met 7-26, o.15A met 3-55, o.16A met 12-46 en die tweedespan met 19-22 verloor het.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



