Kruinies stel laerskool met trots bekend
Ouers en toekomstige leerders van Curro Heuwelkruin het Saterdag geleentheid gekry om eerstehandse insig oor dié spogskool se grondslagfase te kry. Leerkragte het gaste verwelkom terwyl Kruinies se gelukbringer, Kratos, die jongspan vermaak het. Daarna is die ouers en kinders na die onderskeie grondslagfaseklasse begelei. Ouers is veral oor die fonologiese program ingelig wat bewustheid …

Ouers en toekomstige leerders van Curro Heuwelkruin het Saterdag geleentheid gekry om eerstehandse insig oor dié spogskool se grondslagfase te kry.
Leerkragte het gaste verwelkom terwyl Kruinies se gelukbringer, Kratos, die jongspan vermaak het. Daarna is die ouers en kinders na die onderskeie grondslagfaseklasse begelei.
Ouers is veral oor die fonologiese program ingelig wat bewustheid skep van individuele spraakklanke in gesproke taal wat in lettergrepe en klanke verdeel word terwyl klanke en lettergrepe saamgevoeg kan word om woorde en betekenisvolle taal te vorm.
Kids Development Academy (KDA) is ook deel van die kurrikulum wat leerders se grootmotoriese, kognitiewe en sosiale vaardighede met elke les verbeter wat uit balans-, denk- en lokomotoriese aktiwiteite bestaan.
Leerders kan ook gratis aan ballet, stoei en musiek as deel van die kurrikulum van die kleuterskool en grondslagfase deelneem.
Dans Studio of South Africa (Dasa) se sillabus word vir balletonderrig gevolg.
Seuns vanaf speelgroepfase tot in graad 3 kan stoeiklasse neem. Stoei is een van die oudste sportsoorte ter wêreld wat volgens grondslagfase-onderwysers ‘n positiewe uitwerking op leerders se akademiese en ander sportprestasies het.
Ouers is ook deeglik oor die grondslagfase se wiskunde-, leesvaardigheid-, Robotica-, soft blocks- en six bricks-programe ingelig.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com









