NewsSchools

PHS-gladdebekke presteer

Vier van Hoërskool Pietersburg (PHS) se redenaarspanne het as naaswenners uit die stryd getree in die finale ronde van die ATKV-Redenaarskompetisie.

POLOKWANE – Dié kompetisie is op 10 Junie by Hoërskool Genl. Hertzog in Witbank gehou.

PHS se gr. 8-span, Annadeé Oerlemans, Sarisa van der Goot en Leana Swarts het tweede in die junior afdeling geëindig en neem op 12 Augustus aan die finale die ronde by ATKV in Goudini deel.

Die afgelope naweek het vier PHS-redenaarspanne, twee junior en twee senior, aan die ATKV halfeindronde in Witbank gaan deelneem. Die seniorspanne was opponerend met die onderwerp: Gratis tersiêre onderrig sal nie gelykheid in Suid-Afrika bevorder nie.

Die gr. 11-span, Beatri Pienaar en Danielle Beukes, het hul debat teen Hoërskool Potchefstroom Gimnasium verloor.

PHS se volgende seniorspan, Zydra Hattingh en Jonett Olivier, moes hul debat voer teen Hoërskool Rustenburg en het ook verloor.

By die juniorspanne moes die leerders debatteer met die onderwerp: Kultuurverskille moet nie in ag geneem word met die opstel van skoolreëls nie.

Die gr. 9-span: Wian Haasbroek, Gerhard Maré en Lara Prenzler het teen Hoërskool Nelspruit hul debat gevoer en vasgeval.

PHS se redenaarspanne het vanjaar ‘n besondere jaar beleef deur vier spanne te kon hê wat na die ATKV halfeindronde deurgedring het. Verder is die kersie op die koek die span wat na die ATKV Nasionale Finaal deurdring.

riana@nmgroup.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button