Local NewsNews

Wilhelmiena klim uit haar boks uit

Wilhelmiena Kkoutas vertel hoe haar reis as 'n Mev Polokwane finalis begin het.

POLOKWANE  –  Sommige mense verkies om agter die skerm te werk en nie op die voorgrond te wees nie, maar wanner jy egter inskryf vir ‘n kompetisie soos Mev. Polokwane, neem jy ‘n doelbewuste besluit om uit jou gemaksone te beweeg.

Dit was die geval met Wilhelmiena Kkoutas, een van die Mev. Polokwane 2018 finaliste.  Sy vertel hoe haar reis as finalis begin het.

“Ek het altyd gevoel ek is nie goed genoeg, maer genoeg en mooi genoeg nie, en toe ek die artikel raaklees van die Mev. Polokwane kompetisie, het ek besluit om in te skryf. My drome kon dalk nie altyd waar word nie, maar ek het besef dat ek iemand anders kan help. Ek wil ook hê my kinders moet na my kan opkyk.”

Sy vertel dat haar neef aan haar pa se kant Down Sindroom gehad het en dat sy dood haar diep aangeraak het.

Dus het sy besluit om betrokke te raak by La Wiida Leersentrum, ‘n sentrum waar na gestremde kinders omgesien word.

“Vandat ek met Mev. Polokwane betrokke begin raak het, kom ek meer in aanraking met gestremde mense of iemand wat hulp kort. Alles val net in plek.

Hierdie ma van twee meisies begin Maandag as ontvangsdame werk, maar droom daarvan om ‘n koffiewinkel met ‘n skoonheidsalon oop te maak. “In my vrye tyd bak ek trou- en partytjie koeke, maar ek geniet skoonheidsterapie vreeslik. Ek spandeer ook soveel as moontlik tyd saam met my man, Alexi,. En kinders.”

Sy vertel dat Alexi nog nie regtig besef dat sy wel ‘n finalis is nie en dat sy self glad nie verwag het om as een van die top 10 aangewys te word nie.

“Ek is net ek, hier om te doen wat ek kan doen.”

Maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button