POLOKWANE – Die finaliste kry die geleentheid om by verskeie behoeftige organisasies in hulle gemeenskap betrokke te raak asook ‘n gesamentlike projek te doen waar die finaliste en medeleerders klere vir behoeftiges in die gemeenskap insamel.
Dié insameling ontaard gewoonlik in ‘n vriendelike kompetisie om te sien watteer een van die finaliste en die onderskeie grade die grootste hoop klere kan insamel, ook bekend as Bergbou.
Vanjaar se Bergbou is op Dinsdag, 27 Junie gehou en almal het met durf en daad ingespring om die gemeenskap te help waarna die finaliste die klere by die verskeie organisasies gaan afgee het.
Die finaliste vir vanjaar se Mnr. en Mej. Heuwelkruin is Leard Prenzler, Daniël Erasmus, Kayla Snyman, Maria Tamayo Isla, Reece Wynne, Kayla Spies, Reneé Hough, Dylan Catto, Ashden Venter, Roelof Neuhoff, Thalia Pereira en Dewan Jacobsz.





