POLOKWANE – Die onderwysers is Alwyn Olivier en Peter Hatzikyriacos.
Alwyn (27) is ‘n studenteonderwyser en was in Hoërskool Bastion op skool. Hy het na skool Universiteit van Pretoria se rugbyakademie aangesluit terwyl hy sportkunde studeer het. Tans is hy besig om B.Ed deur die Universtiet van Noordwes se Potchefstroomkampus te studeer.
“Ek is al vir ses jaar woonagtig in Limpopo. Ek het vir drie jaar in Mokopane gebly, daarna by Mitchell House College aangesluit en einde verlede jaar ‘n pos by Tom Naudé aanvaar. Ek gee siviele dienste vir gr. 10 tot gr. 11 en tegnologie vir gr. 8.”
Hy rig sport af by die skool en is betrokke by atletiek, rugby en krieket. Hy spandeer graag sy vrye tyd saam met sy verloofde, Tuanette Louw.
Peter (24) is ‘n oud-Hoërskool Pietersburg leerder. Na skool het hy swem afgerig en is na die Universiteit van Pretoria waar hy sportbewegingwetenskap studeer het.
“Ek bied Engels as vak by Tom Naudé aan en is ook besig om my studies te voltooi. Ek is betrokke by die rugby en ek is ook betrokke by die leerders wat binnekort by Hoërskool Pietersburg gaan begin swem. Daarby help ek ook met die klanktoerusting by die skool, besoek graag die gimnasium en spandeer tyd saam met my vriende en familie wanner ek ‘n kans kry.”




