Cravenweekspan hou provinsie se naam hoog
Die Limpopo Blou Bulle het verlede week by die jaarlikse o.18-Cravenweek in Johannesburg goeie vertonings gelewer. Hoofafrigter, André Hay, sê elke speler het sy allerbeste gegee en dat die span se sukses grotendeels aan die spelers se dissipline te danke is. “Dit was harde wedstryde, maar Limpopo het nie nodig gehad om vir ander spanne …

Die Limpopo Blou Bulle het verlede week by die jaarlikse o.18-Cravenweek in Johannesburg goeie vertonings gelewer.
Hoofafrigter, André Hay, sê elke speler het sy allerbeste gegee en dat die span se sukses grotendeels aan die spelers se dissipline te danke is.
“Dit was harde wedstryde, maar Limpopo het nie nodig gehad om vir ander spanne terug te staan nie. Dit was een van beste prestasies nóg vir die provinsie en spelers wou regtig speel en het dit baie geniet.”
Limpopo het tydens hul eerste wedstryd teen Grens Platteland met 41-3 gewen en die volgende dag teen Grens met ‘n wentelling van 59-41 voortgebou.
Hul moes egter die aftog met 34-57 in die derde wedstryd teen die Griekwas blaas.
Hay het sy dank teenoor die departement van sport, kuns en kultuur uitgespreek vir die voorsiening van ‘n volledige mediese span wat die seuns met beserings kon bystaan. Hy het ook sy dank teenoor elke speler, hulpafrigters en almal wat insette gelewer het, uitgespreek.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



