NewsSchools

Daar is ‘n onbreekbare band tussen mens en dier’

Die lewensingesteldheid van ubuntu; hulpvaardigheid, barmhartigheid en medemenslikheid is in dade omskep toe vyf entoesiastiese tieners ‘n deel van hul vakansietyd opgeoffer het om 12 ure by die DBV te spandeer om vierpotiges se lot te help verbeter. Graad 10-leerders van Hoërskool Pietersburg, Megan Bekker, Caromin Mahne, Wihane en Willie de Jong asook Shane Swanepoel …

Die lewensingesteldheid van ubuntu; hulpvaardigheid, barmhartigheid en medemenslikheid is in dade omskep toe vyf entoesiastiese tieners ‘n deel van hul vakansietyd opgeoffer het om 12 ure by die DBV te spandeer om vierpotiges se lot te help verbeter.
Graad 10-leerders van Hoërskool Pietersburg, Megan Bekker, Caromin Mahne, Wihane en Willie de Jong asook Shane Swanepoel het as deel van hul gemeenskapsuitreikings­taak honde- en kattehokke by die vereniging skoongemaak, kos en water gegee en tyd saam met die diere deurgebring. Hulle het ook individeel met die hase, bokke en donkies wat daar gehuisves word, kontak gemaak.

Wihane de Jong, Caromin Mahne en Megan Bekker by die hondekos wat hulle vir die diere gegee het.

“Dit was ‘n fees om met die vriendelike diere te speel wat net liefde soek, maar dit was ook hartseer om te sien dat daar baie mense is wat hul diere mishandel of net aflaai en van hul vergeet. Dit het ons harte verbly om te sien dat hulle gelukkige huise kry wanneer mense opgedaag het en ‘n hond of kat aangeneem het,” is hulle dit eens. Die leerders het die hoop uitgespreek dat mense behoorlik na hulle troeteldiere omsien en genoeg aandag gee.
“Diere wil net soos mens liefde hê want daar is ‘n onbreekbare band tussen mens en dier.”

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Wihane de Jong besig om ‘n hondehok skoon te maak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button