NewsSchools

Jongspan leer dat almal anders is

Hoekom jy belangrik is in die lewe en wat elke persoon anders maak is iets wat van kindsbeen af gekweek moet word.

POLOKWANE – By Werk en Wen Kleuterskool het die kleuters die belangrikheid daarvan geleer. Die kleuters het geleer dat elke mens sy eie vingerafdruk het en dat dit jou spesiale merk is wat niemand anders het nie. Die jongspan het ook geleer dat hulle hartseer mag wees en ook kwaad mag word en dat dié gevoelens reg benader moet word.

Keisha van Eden en Hanie Grobler van Werk en Wen Kleuterskool wys dat hulle elkeen anders kan voel en dat elke mens anders is.

“Dis belangrik dat die leerders weet dat elke mens anders is. Sommige mense glimlag dalk meer as ander, die gevoelens wat mense binne jou het, voel nie altyd dieselfde nie,” vertel Susan van Aswegen, een van die onderwysers.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button