NewsSchools

Kleuterkuns betower en bekoor

‘n Verskeidenheid kleurvolle tekeninge, skilderye en etswerk het gaste by Werk en Wen Pre-primêre Skool se jaarlikse sop-en-sjerrie-kunsuitstalling, wat onlangs by die skool aangebied is, beïndruk. Skoolhoof, Monica Strauss, het die 110 ouers en familielede by die funksie, met ‘n ‘Kersfees in Augustus’-tema, verwelkom en vir hul ondersteuning bedank. Strauss het verduidelik hoe kleuters se …

‘n Verskeidenheid kleurvolle tekeninge, skilderye en etswerk het gaste by Werk en Wen Pre-primêre Skool se jaarlikse sop-en-sjerrie-kunsuitstalling, wat onlangs by die skool aangebied is, beïndruk.
Skoolhoof, Monica Strauss, het die 110 ouers en familielede by die funksie, met ‘n ‘Kersfees in Augustus’-tema, verwelkom en vir hul ondersteuning bedank.
Strauss het verduidelik hoe kleuters se kuns van ‘n gekrabbel, tot eenvoudige gesigte waaruit arms en bene strek tot duidelike menslike vorms vorder en mettertyd fynere detail soos wimpers bevat.
Die kunswerke is teen die mure van die onderskeie klaskamers uitgestal en gaste het aan vars brood, sjerrie, kaas en biltong gesmul terwyl die “galerye” besigtig is.
Witgeverfde takke wat met liggies versier is, het die Kersfeestema versterk en vuurkonkas omring met hooibale het ‘n gesellige atmosfeer in die tuin geskep.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Colette Celliers spog met haar vyfjarige dogter, Janica, se uitbeelding van ‘n vis.
Werk en Wen-hoof, Monica Strauss, verwelkom gaste by die skool se sop-en-sjerrie-kunsuitstalling.
Witgeverfde takke beeld die Kersfeestema uit.
Die driejarige Wanda Korff gee uitdrukking aan haar kreatiwiteit.
Annelize Stoltz se kunswerk.
Ashley Fourie en haar broer, Steven Taylor, sien uit na warm sop teen die koue naglug.
Sanet en Phillip Botha verkeer gesellig saam met Pieter en Sanchia Strydom by ‘n vuur.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button