NewsSchools

PHS skop hul herwinningsweek af

Leerders van Hoërskool Pietersburg het herwinningsweek by die skool met torings van blikkies afgeskop.

POLOKWANE –  Die leerders het oor ‘n geruime tyd blikkies bymekaargemaak en Dinsdag is die leerders in klasverband die kans gegun om hul torings te bou.

Skakelbeampte van die skool, Anna-Marie Schoeman het vertel dat die skool herwinningsweek vier met die oog op die skool se beleid om na die omgewing om te sien.

Vrydag tydens opening gaan die skool se ATKV Jeugtak ‘n modeparade hou met klere wat uit koerantpapier gemaak is. Die leerders mag ook items soos krale, dasse of hoede dra wat uit herwinningmateriaal gemaak is.

Die doel van die hele week is om leerders bewus te maak van herwinning.

riana@nmgroup.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button