NewsSchools

VIDEO: Sing, dans en lekker leer by Werk en Wen Kleuterskool

Deur doelgerigte en kreatiewe betrokkenheid by musiekaktiwiteite leer kleuters om musiek te verstaan en lief te kry.

POLOKWANE – Maar volgens een van die onderwysers by Werk en Wen Kleuterskool, Martie Coulson is dit nie al wat dié belangrike aktiwiteit kleuters leer nie.

“Die jonges ontdek, vorm en ontwikkel musiekkonsepte deur sang, instrumentale spel, dans, beweging saam met musiek en later ook die lees en skryf van musiek. Dit help ook die kleuters om meer te leer oor hulle liggame en help later in die vorming van letters en simbole, omdat hulle in ‘n liedjie leer om hulle vingers en hande te beweeg,” vertel Martie.

Voorstanders van musieklesse sê dit gaan om meer as lewensvaardighede. Hulle reken dat musieklesse die ontwikkeling en werking van ‘n kind se brein help, veral ruimtelike denke, wat help om patrone raak te sien en te organiseer. Ruimtelike denke is belangrik vir wiskunde, wetenskap, ingenieurswese en selfs skaak. “Vir ouers is dié soort oefening dalk nie altyd belangrik nie, maar in die klas is dit een van die grondslagstene wat nie gemis kan word nie,” vertel sy.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button