NewsSchools

Prince Mulea – rugbyspeler met ‘n liefde vir skryfkuns

Een van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se top rugbyspelers, Prince Mulea is nie skaam om sy dieper kant as digter bloot te stel nie en spog met sy eerste gepubliseerde kortverhaal wat op een van eie gedigte gebaseer is. Die graad 12-leerder het vanjaar vir die derde agtereenvolgende jaar vir die skool se eersterugbyspan …

Een van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se top rugbyspelers, Prince Mulea is nie skaam om sy dieper kant as digter bloot te stel nie en spog met sy eerste gepubliseerde kortverhaal wat op een van eie gedigte gebaseer is.
Die graad 12-leerder het vanjaar vir die derde agtereenvolgende jaar vir die skool se eersterugbyspan uitgedraf en is vir die Limpopospan gekies.
“Op laerskool het ek reeds liedjies begin skryf, maar het belangstelling verloor en begin dig. Van 16-jarige ouderdom af het my vriende gereeld my gedigte gelees en my aangemoedig om kortverhale ook te skryf,” sê Prince.
Sy vriende wou hê hy moes ‘n digbundel saamstel, maar hy het besluit om eerder een van sy gedigte in ‘n kortverhaal te omskep. “‘The great hothead’ het elemente van wraak, liefde en hebsug in en handel oor ‘n man en vrou wat in ‘n lang verhouding is. Die vrou raak bekommerd omdat hy haar nie wil vra om te trou nie en besluit om die verhouding te beëindig, maar sy wil nie leë hande wegstap nie en kry ‘n huurmoordenaar om haar kêrel te vermoor,” verklap Prince wat reeds ‘n tweede boek beplan.
Om ‘The great hothead’ te be­stel kan Prince by 081 751 1277 geskakel word.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button