NewsSchools
Kleuters hou piekniek om lente te vier
Met die geur van bloeisels in die lug en ‘n soel briesie wat waai, is lente die ideale tyd vir piekniek hou wat die kleuters van Suikerbekkie Kleuterskool inderdaad Vrydag gedoen het. Volgens Lize van Dyk, Suikerbekkie-hoof, kon kleuters hul eie piekniekmandjies saambring en die lekkernye tydens pouse saam met maats geniet. Die beertjieklas het …

Met die geur van bloeisels in die lug en ‘n soel briesie wat waai, is lente die ideale tyd vir piekniek hou wat die kleuters van Suikerbekkie Kleuterskool inderdaad Vrydag gedoen het.
Volgens Lize van Dyk, Suikerbekkie-hoof, kon kleuters hul eie piekniekmandjies saambring en die lekkernye tydens pouse saam met maats geniet.
Die beertjieklas het ook ‘n verskeidenheid lekkernye soos kolwyntjies, koekies en jelliebakkies aan die res van die skool uitgedeel.
Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za



At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



