NewsSchools

ATKV-Applous-sukses

Na harde werk en baie oefenure, spog drie kore van Polokwane met sesde plekke in die ATKV-Applous kompetisie.

POLOKWANE – Die ATKV-Applous kompetisie is ‘n nasionale kompetisie vir laer- en hoërskoolkore. Die primêre doel van die kompetisie is die bevordering van die Afrikaanse lied- en jeugkoorsang.

Die drie kore van Polokwane wat deelgeneem het aan dié kompetisie is Laerskool Pietersburg-Oos juniorkoor, Laerskool Pietersburg-Oos seniorkoor en Hoërskool Pietersburg se meisieskoor. Dié drie kore word deur Rita Erasmus afgerig.

Oosskool se seniorkoor.
PHS se meisieskoor.

Beide Oosskool se junior- en seniorkore het sesde in hul onderskeie afdelings geëindig en die skool se koororganiseerder, Sammy Vorster, sê sy is baie trots op die leerders. “Mense dink dit is maklik, maar dit verg baie harde werk. Ons is baie trots op hierdie leerders,” vertel sy.

Adrie Booysen, koororganiseerder by PHS, vertel dat daar 33 streeksfeeste tydens die ATKV-Applous koorkompetisie gehou word. “Ons is een van twee hoërskoolkore wat genooi is vir die kompetisie in ons afdeling. Daar was altesaam 128 kore wat deelgeneem het.”

Volgens Booysen gaan daar in 2018 net streeksfeeste met ‘n werkswinkel wees. Die eerste World Choir Games vind ook in 2018 in Pretoria plaas. Tydens dié kompetisie word skole wat aan die finaal van die ATKV-Applous deelgeneem het, genooi om aan die World Choir Games deel te neem.

Rita Erasmus vertel dat sy baie trots is om deel van die leerders se lewens en prestasies te wees.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button