BusinessNews

Klikkerlanders neem Mall of the North op horings

Kinders van oud en jonk het Saterdag by Edgars Court in Mall of the North bymekaar gekom om Klikkerland se maats te ontmoet en saam te sing en dans. Woepel Wappel, Huppel Hoepel en Boebel Babbel het die gehoor vermaak en sommer ook van die geleentheid gebruik gemaak om vir Boebel Babbel, wat ‘n bietjie …

Kinders van oud en jonk het Saterdag by Edgars Court in Mall of the North bymekaar gekom om Klikkerland se maats te ontmoet en saam te sing en dans.
Woepel Wappel, Huppel Hoepel en Boebel Babbel het die gehoor vermaak en sommer ook van die geleentheid gebruik gemaak om vir Boebel Babbel, wat ‘n bietjie lui is en baie van eet hou, te help om oefening te doen.
Klikkerland is ‘n topgehalte kindervermaak-produksie wat nie net propvol pret is nie, maar ook interessante lesse bevat. Elke karakter is uniek en die jong gehoor by Mall of the North het veral aanklank by die Klikkerlanders se foute en misverstande gevind.

Storie en foto’s: MARKI FRANKEN
>>marki.observer@gmail.com

Amy en Montenique Breytenbach voor die vertoning begin.
Claudia Nethathe geniet die Klikkerland-kaskenades.
Jemma Hattingh en AJ van Niekerk sing en dans saam.
AJ en Aidan Pretorius verstom hul aan die Klikkerlanders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button