NewsSchools

Kruinie-huisdag vier diversiteit

Tradisionele speletjies en ‘n verskeidenheid geregte was kenmerkend van Curro Heuwelkruin se huisdag en Reënboogfees wat verlede Donderdag by die skool gehou is. Kruinies is deur sommi­ge laerskoolleerders in ‘n verskeidenheid tale gegroet en verwelkom voordat hulle in groepe aan speletjies soos touspring, toutrek en bok-in-die-hok deelgeneem het. Die reuk van eg Suid-Afrikaanse kos soos …

Tradisionele speletjies en ‘n verskeidenheid geregte was kenmerkend van Curro Heuwelkruin se huisdag en Reënboogfees wat verlede Donderdag by die skool gehou is.
Kruinies is deur sommi­ge laerskoolleerders in ‘n verskeidenheid tale gegroet en verwelkom voordat hulle in groepe aan speletjies soos touspring, toutrek en bok-in-die-hok deelgeneem het. Die reuk van eg Suid-Afrikaanse kos soos mopaniewurms, kerrie-en-rys en pannekoek het die lug gevul terwyl ander disse en drinkgoed soos lemonade en Portugese happies ook aandag getrek het.
Leerders het op die dag in tradisionele klere skoolgegaan terwyl ouers die stalletjies behartig het. Volgens Kruinie-bemarker, Nelmari Herbst het die Portugese stalletjie met die louere weggestap nadat die keurkomitee wat uit operasionele hoof, Eben Lingenfelder, hoërskoolhoof, Jaco Haasbroek en laerskoolhoof, Freddie du Preez bestaan, eenparig besluit het oor die wenstalletjie

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Carie Lombard en Jané de Beer het pret tydens die driebeenloop.
Kgosi Mashabane wys sy springslag met die tou.
Operasionele hoof, Eben Lingenfelder eet ‘n mopaniewurm.
Maulaife Mabuda en Andani Netshifhefhe laat waai met driebeenresies.
Nic van der Merwe span al sy krag in tydens die toutrek.
Die touspringduo, Streicher Claassens en Leard Prenzler.
Kruinies is gretig om die Portugese disse te proe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button