NewsSchools
Stofwolke vol pret tydens kaskarresies
Leerders, personeel en ouers van Marné Ebersohn Akademie het onlangs ‘n dag propvol aksie en gesellige samesyn tydens die skool se derde jaarlikse kaskarresies beleef. Dié geldinsamelingsinisiatief is volgens Liezel Beeslaar, onderwyser, ‘n hoogtepunt op die kalender en sy sê leerders moes borge werf vir elke voltooide ronde. Die klas wat die meeste geld ingesamel …

Leerders, personeel en ouers van Marné Ebersohn Akademie het onlangs ‘n dag propvol aksie en gesellige samesyn tydens die skool se derde jaarlikse kaskarresies beleef.
Dié geldinsamelingsinisiatief is volgens Liezel Beeslaar, onderwyser, ‘n hoogtepunt op die kalender en sy sê leerders moes borge werf vir elke voltooide ronde. Die klas wat die meeste geld ingesamel het, kon as aansporing 10% van die bedrag hou. Kos- en koeldrankverkope het ook goed verloop.
Graadgroepe kon in drie kategorieë pryse wen: groep met die meeste gees, meeste rondes voltooi en die stadigste groep.
Storie en foto’s: Thinus du Toit

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



