Woord in Aksie bied tienerkamp aan
Woord in Aksie se tienerkamp wat die afgelope naweek in die stad gehou is, is goed ondersteun met 68 kampeerders wat reeds Vrydagmiddag met ‘n volgepakte program begin het. Debbie Dreyer, een van die organiseerders, sê dat dit die eerste Woord in Aksie-tienerkamp is wat in Polokwane gehou is en dat verdere kampe beplan word. …

Woord in Aksie se tienerkamp wat die afgelope naweek in die stad gehou is, is goed ondersteun met 68 kampeerders wat reeds Vrydagmiddag met ‘n volgepakte program begin het.
Debbie Dreyer, een van die organiseerders, sê dat dit die eerste Woord in Aksie-tienerkamp is wat in Polokwane gehou is en dat verdere kampe beplan word.
“Die tieners het ‘n besige program gehad, maar daar is ook tyd vir speletjies ingeruim sodat hulle mekaar beter te leer ken.”
Vier beradingstasies met die temas ‘Verslawing’, ‘Vergifnis’, ‘Verwerping’ en ‘Soul ties’ is gehou waar tieners op persoonlike vlak deur opgeleide groepleiers bedien is.
Storie & foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com





