Kruinie-matrieks vereer vir harde werk
Curro Heuwelkruin se graad 12-leerders is Vrydag tydens hul jaarlikse Matriektee vir ‘n jaar se harde werk, lojaliteit en besonderse prestasies vereer. Plaaslike prokureur en Comrades Marathon-atleet, Stefan Steyn, wat ook blind is, het die leerders toegespreek met die boodskap dat daar ten spyte van verskeie uitdagings en teleurstellings wat op hulle wag, ook baie …

Curro Heuwelkruin se graad 12-leerders is Vrydag tydens hul jaarlikse Matriektee vir ‘n jaar se harde werk, lojaliteit en besonderse prestasies vereer.
Plaaslike prokureur en Comrades Marathon-atleet, Stefan Steyn, wat ook blind is, het die leerders toegespreek met die boodskap dat daar ten spyte van verskeie uitdagings en teleurstellings wat op hulle wag, ook baie geluk en blydskap vir hulle op die pad vorentoe gaan wees. “Soos ek op ‘n gidshond vir leiding vertrou, so moet julle op die Here vertrou en julle sal jul doelwitte bereik. Moet nooit opgee is alles wat jul aanpak nie,” het Steyn gesê.
Die hoogste toekenning en rektorsmedalje is aan Chantelle Steyn oorhandig. Sy is ook as Dux-leerder aangewys, is die top akademiese leerder, ontvang ‘n Ysterorde vir ‘n gemiddeld bo 80%, en is die vakpryswenner in wiskunde, fisiese wetenskappe en lewenswetenskappe.
Arno Horn word vir sy prestasie op verskeie gebiede as die Vuur en Vlam Kruiner van die Jaar aangewys en ontvang die trofeë vir Atleet van die Jaar en Veelsydigste Atleet van die Jaar. Ashleigh Hunter is die Swemmer van die Jaar terwyl Jeltje Erasmus Netbalspeler van die Jaar is.
Benewens Chantelle is Safiyya Vally, Luca Prenzler, Leslie Greene en Ndlali Ledwaba ook onder die top vyf akademiese presteerders.
Ysterordes vir ‘n gemiddeld bo 80% is aan Renier Gerber, Leslie Greene, Ashleigh Hunter, Ndlali Ledwaba, Ruben Nieuwoudt, Luca Prenzler, Nadine Scholtz, Armand Steyn, Chantelle Steyn en Safiyya Vally oorhandig.
Die vakpryswenners is Louw Claassens, inligtingstegnologie, Leslie Greene, inligtingstegnologie, lewensoriëntering en rekenaartoepassingstegnologie, Renier Gerber, rekeningkunde, Ashleigh Hunter, besigheidstudies, Kamalan Naidoo, ingenieursgrafika en ontwerp, Ruben Nieuwoudt, rekeningkunde, Luca Prenzler, Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal en drama, Eduard Rautenbach, visuele kuns, Nadine Scholtz, Engels huistaal, Armand Steyn, inligtingstegnologie, Safiyyah Vally, Engels huistaal, geografie en Afrikaans eerste addisionele taal.
Ruben Nieuwoudt, Armand Steyn, Jaco Van Wyk en Gustav Lambrechts is vereer vir 12 jaar se 100% skoolbywoning.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com





toepassingstegnologie.

Lambrechts word vir 12 jaar se 100% skoolbywoning vereer.












