NewsSchools

Osies reik uit na babasentrum

Twee finaliste van die Mnr en Mej Oosskool-kompetisie, Tanya Kruger en Derik Bezuidenhout, het onlangs besoek by Mamahlola Baby Care Centre, ‘n dagsorgsentrum in Makanye net buite Polokwane, afgelê en broodnodige klere en speelgoed oorhandig. Volgens skoolhoof, Gideon Pelzer, is Mnr en Mej Oosskool ‘n jaarlikse instelling waar die finaliste in pare verdeel word en …

Twee finaliste van die Mnr en Mej Oosskool-kompetisie, Tanya Kruger en Derik Bezuidenhout, het onlangs besoek by Mamahlola Baby Care Centre, ‘n dagsorgsentrum in Makanye net buite Polokwane, afgelê en broodnodige klere en speelgoed oorhandig.
Volgens skoolhoof, Gideon Pelzer, is Mnr en Mej Oosskool ‘n jaarlikse instelling waar die finaliste in pare verdeel word en elke paartjie saam met ‘n spesifieke graadgroep by ‘n liefda­digheidsprojek betrokke raak.
Mamahlola Baby Care Centre word in ‘n bouvallige gebou van sink en hout gehuisves met slegs twee toilette vir die oppassers en sowat 40 kinders, wat almal jonger as ses jaar is, om te deel. Queen Ramoshaba, ‘n lid van die Makanye-gemeenskap, het die sentrum onder Tanya en Derik se aandag gebring.
Die hoof van die dagsorgsentrum is Margaret Rapatsa en sy doen haar bes om nie net fisies vir die kinders te sorg nie, maar ook om hul intellektueel te stimuleer.
Haar hulpbronne is egter beperk. Die kinders kry ook kos en om dit gaar te maak moet Rapatsa eers ‘n vuur aan die gang kry. Sodra die kole gereed is, sit sy twee potte, een vir pap en die ander vir groente en soms ‘n bietjie vleis, daarop.
Tanya en Derik sê hulle het geweet daar is kinders wat swaarkry in Limpopo, maar hulle het nie besef hoe skokkend die werklikheid is nie. Die twee het met die hulp van die graad 3-leerders klere en speelgoed ingesamel en dit aan die sentrum oorhandig.
Daarna het hulle saam met die kleingoed gesing en dans en die dag het met lekker sjokoladekoek en koeldrank vir almal afgesluit.

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Derik Bezuidenhout troos een van die babas.
Die personeel van Mamahlola Baby Care Centre voor die gebou wat as ‘n dagsorgsentrum gebruik word. Links voor is Margaret Rapatsa, sentrumhoof, en regs is Queen Ramoshaba, wat die dagsorgsentrum onder Derik Bezuidenhout en Tanya Kruger se aandag gebring het.
Die kinders van Mamahlola Baby Care Centre speel met hul nuwe speelgoed.
Sjokoladekoek en koeldrank is ‘n welkome lekkerny.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button