NewsSchools
Osieteddies verwelkom volgende jaar se kleuters
Kleuters wat volgende jaar by Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum aansluit, het Saterdag ‘n voorsmakie gekry van wat op hulle wag. Osieteddies het ‘n kuierdag vir die nuwe kleuters gehou waar hulle saam met hul ouers die klaskamers en terrein kon verken en met onderwysers kon kennis maak. Kleuters is gerusgestel deur hulle te wys waar hulle volgende …

Kleuters wat volgende jaar by Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum aansluit, het Saterdag ‘n voorsmakie gekry van wat op hulle wag.
Osieteddies het ‘n kuierdag vir die nuwe kleuters gehou waar hulle saam met hul ouers die klaskamers en terrein kon verken en met onderwysers kon kennis maak.
Kleuters is gerusgestel deur hulle te wys waar hulle volgende jaar gaan sit, is met geskenke verras en kon hulself besig hou deur ‘n kolwyntjie te versier en te eet.
Die speelpark met klimrame en swaaie het groot aftrek by die jongklomp gevind en hulle was gou tuis.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

der Merwe lê
weg aan die
lekkernye.





At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



