“Ek tree af en dit is ‘n groot uitdaging om nou ‘n pensionaris te word,” skerts sy. “My werk was iets van alles. Ek het in die afrolkamer begin en was ook betrokke by die finansies en punte. Ek het dikwels afgelos as sekretaresse en ook as die hoof se ontvangsdame. Die laaste 10 jaar was ek die labratorium assistent. My tyd by die skool was kosbaar, ek het dit vreeslik geniet en gaan almal hartelik mis.”
Sy vertel dat sy na skool as klerk begin werk het en in die laat sewentigerjare vanaf Gauteng na Polokwane verhuis het.
Hier was sy ook lank ‘n staatsamptenaar voordat sy by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangesluit het.
“As deel van die administratiewe personeel was ek nie regtig by sport betrokke nie. Die twee byeenkomste waarby ek wel betrokke was, en vreeslik geniet het, was die Bokkesport en die Marius Lengton sportdag.”
Mollie vertel sy beplan om met haar aftrede soveel as moontlik te ontspan en te reis wanneer moontlik.
“My raad aan die jonger geslag is om uithouvermoë te hê en altyd positief te bly.”
Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard