Trotse wenners van beesraaikompetisie
Die wenners in een van Pietersburg Laerskool se grootste fondsinsamelingsprojekte, die jaarlikse beesraaikompetisie, is verlede week aangewys en het altesaam met vleisgeskenkpakke ter waarde van R10 000 weggestap. Die wenner, Monja van Wyk het R5 000 se vleis gewen, Kotie Forbes en Anita Enslin het onderskeidelik R3 000 en R2 000 se vleis gewen. Leerders …

Die wenners in een van Pietersburg Laerskool se grootste fondsinsamelingsprojekte, die jaarlikse beesraaikompetisie, is verlede week aangewys en het altesaam met vleisgeskenkpakke ter waarde van R10 000 weggestap.
Die wenner, Monja van Wyk het R5 000 se vleis gewen, Kotie Forbes en Anita Enslin het onderskeidelik R3 000 en R2 000 se vleis gewen.
Leerders het meegeding om te bepaal wie die meeste kaartjies verkoop het waarop ‘n vraag beantwoord moes word. Die juniorwenner is Janine Jacobs met R1 430 en Henry van Wyk is die seniorwenner met R4 100. Henry het vir die vyfde agtereenvolgende jaar onder die topverkopers geëindig. Ander topverkopers was Corlia Bacchioni (R1 300), Zonika Brits (R1 000), Juané Kruger (R800), Riska Brits (R800) en Lichanté Souwitzky (R710).
Die junior- en senior klas wat die meeste kaartjies verkoop het, is graad 2L en 7L.
Leerders is verlede Woensdag vir hul harde werk met die kaartjieverkope met pizza bederf. Die geld sal deur die skool ten bate van die leerders teruggeploeg word.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



