Dit was omtrent ‘n gejuig toe die gr. 12 leerders van Pietersburg Hoërskool die saal uit storm nadat hul die laaste eind eksamen vraestel afgelê het Maandag 27 November.
Nicole Wreyford, Nadine Venter, Tristan Slattery, Sonika Nel en Cecille Cronje gaan almal saam op die boodreis vakansie wat vanaf Durban na die Portegese eilande gaan reis. Hul verduidelik dit is die matriek-boot en meeste van hul vriende gaan ook saam.
POLOKWANE – Elke leerder het ‘n pakkie spookasem ontvang te na gedagte van hul kinderjare en die simboliek dat hul nou die volwasse lewe betree. Dit was onder die meeste leerders van opinie dat die eksamen goed verloop het en nie gans so moeilik was soos wat hul verwag het nie.
Met harte vol opgewondenheid en onsekerheid hand aan hand vertel hulle aan Review hoe die eksamen verloop het en wat hul planne vir volgende jaar inhou.
Theresa van Deventer meen sy gaan in die vakansie geskenke toe draai vir liefdadigheid en beplan om Onderwys deur UNISA te studeer. “Die eksamen was eintlik vir my makliker as ander eksamens, ek het dit geniet.”
Christiaan Vercueil sê dat die eksamen werklik makliker was as wat hy verwag het. “Ek en my vriende gaan ook op die matriek-boot vakansie.”
Lees in die Review van die ander leerders se planne vir die toekoms