Hulp benodig om dié skool te vestig
Club 21 Mokopane is 'n skool wat tans vier leerders met Down Sindroom het. Die skool het onlangs van perseel verskuif en het dringend helpende hande nodig.

MOKOPANE – Die skool is uit die blote nood vir gespesialiseerde privaat onderrig vir kinders met Down Sindroom gestig en het so sy deure in Januarie oopgemaak.
Volgens Club 21 Mokopane Voorsitter Nan Schoeman, is dit die skool se missie om ‘n fasiliteit te wees wat meertallige geriewe aan sy leerders beskikbaar stel. Die afgelope jaar is ‘n perseel by ‘n plaaslike kleuterskool gebruik, maar die behoefte van die skool het nou verander en meer spasie word so benodig.
‘n Geskikte spasie wat absoluut in elke behoefte gaan voorsien is deur ‘n plaaslike instansie bewillig, maar daar is egter baie opknapwerk by hierdie perseel nodig. Die skool benodig dus al die hulp wat hulle kan kry, hetsy op ‘n finansiële manier of deur die verskaffing van materiaal.
Om ‘n bydra te maak, kontak gerus vir Nan by 082 444 5263.




