Suidskool vereer akademiese-, kultuur- en sportpresteerders
Pietersburg Laerskool (PLS) het onlangs tydens hul jaarlikse prysuitdeling leerders wat akademies presteer en op sportgebied uitgeblink het, vereer. Die top akademiese leerders in die onderskeie grade is Joshua Robinson, graad 5, Karlize Bacher, graad 6 en Aimee Wreyford, graad 7 wat ook as die Dux-leerder aangewys is. Aimee is ook die die graad 7-toppresteerder …

Pietersburg Laerskool (PLS) het onlangs tydens hul jaarlikse prysuitdeling leerders wat akademies presteer en op sportgebied uitgeblink het, vereer.
Die top akademiese leerders in die onderskeie grade is Joshua Robinson, graad 5, Karlize Bacher, graad 6 en Aimee Wreyford, graad 7 wat ook as die Dux-leerder aangewys is. Aimee is ook die die graad 7-toppresteerder in Afrikaans, Engels, natuurwetenskappe, sosiale wetenskappe en ekonomiese bestuurswetenskappe.
Op sport- en kultuurgeied is die volgende toekennings gemaak: Lohandi Schutte is Redenaar- en Landloopmeisie van die Jaar, terwyl Lourens Swanepoel die junior Skaakspeler van die Jaar is. Marilené van den Bergh is as senior Skaakspeler van die Jaar aangewys, Sunet Viljoen as Meisies-atleet van die Jaar.
Die veelsydige Henry van Wyk is Seunsatleet-, Landloopatleet- en Sportseun van die Jaar.
Leila Holtzhausen is PLS se Hokkiespeler van die Jaar (meisie) en Dewan Gobey Hokkiespeler van die Jaar (seun).
Kayla Janse van Vuuren het die toekenning vir Jukskeispeler van die Jaar ontvang, terwyl Gerhard Greeff die Krieket- en Tennisspeler van die Jaar is.
Stephane Schoeman is vanjaar se Netbalspeler van die Jaar, Jason Hugo die Rugbyspeler van die Jaar en Marjoné de Beer die Swemmer- en Sportmeisie van die Jaar.
Karla van den Berg is vereer as Tennisspeler van die Jaar en oudhoofseun, Werner Swartz, is vereer vir sewe jaar getroue skoolbesoek.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
















