Local NewsNews

Drie verdrink in Limpopo

Die polisie het opnuut ‘n waarskuwing aan inwoners uitgereik om versigtig te wees wanneer hul visvang of lafenis teen die hitte in riviere en damme soek nadat drie persone oor die naweek in drie afsonderlike voorvalle verdrink het. In die eerste voorval het ‘n 39-jarige man Vrydag in die Ga-Rapheridam naby Ga-Molepo in Mankweng verdrink …

Die polisie het opnuut ‘n waarskuwing aan inwoners uitgereik om versigtig te wees wanneer hul visvang of lafenis teen die hitte in riviere en damme soek nadat drie persone oor die naweek in drie afsonderlike voorvalle verdrink het.
In die eerste voorval het ‘n 39-jarige man Vrydag in die Ga-Rapheridam naby Ga-Molepo in Mankweng verdrink toe hy van ‘n selfgemaak­te boot af visgevang en dit omgeslaan het. Pro­vinsiale polisiekommunikasiehoof, Motlafela Mojapelo, sê ‘n ooggetuie het gesien hoe die boot omslaan en die polisie geskakel. Die soek- en reddingseenheid is ontplooi, maar sy liggaam kon eers die volgende dag uitgehaal word.
Saterdag is ‘n 48-jarige vrou se liggaam in die Khujwanadam buite Ritavi gevind. Sy het vermoedelik verdrink, maar die oorsaak na haar dood word nog ondersoek, volgens Mojapelo.
In die derde voorval is die liggaam van Jo­nas Letswalo Sondag uit die Mogolrivier buite Lephalale gehaal. Hy het glo saam met vriende visgevang toe die stok se hoek in die rivier vasgehaak het. Letswalo het glo die rivier ingeloop om die hoek los te maak, maar in die moeilikheid beland en verdrink.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button